'n Afrikaanse blog oor kwiltwerk in al sy fasette.
Hier deel ek my kennis, liefde en passie vir my werk met mede kwilters.

Aangename Kennis

Ek is passievol oor kwiltwerk en wil hierdie liefde graag deel. Hierdie blog, my tweede is in Afrikaans. Ek wil hier die metodes wat ek gebruik in laslapwerk, deel. NAtuurlik glo ek dit is die beste metodes- maar ek is oop om van die teendeel oortuig te word, so lewer gerus kommentaar.


Vandat ek begin laslapwerk doen het, het ek boeke versamel en geëksperimenteer. Soms gebruik ek 'n kombinasie van metodes wat ek uit die boeke geleer het, of 'n kombinasie daarvan en my eie "eksperimente". Ek het al meer as 300 kwilts gemaak, waarvan almal nog nie voltooi is nie. Ek doen meestal laswerk met die masjien, maar voltooi ook omtrent jaarliks 'n kwilt met die hand. Ek het aanvanklik met die hand gekwilt op 'n vloerraam wat my Pa gemaak het. Ek kwilt nou met die masjien en ook op 'n kwilt raam van Bernina met 'n Bernina 830.


Ek hou van materiaal collage met rourande en skeppende masjienborduurwerk.
Ek het so 5 jaar terug masjien borduurwerk ontdek (Met die borduur eenheid) en inkorporeer geborduurde ontwerpe in my kwilts. Ek het nou ook begin met 'n appliek kwilt  (ek het al 'n paar kwilts appliek maar eenvoudige ontwerpe soos sirkels.) Ek wil ook meer handwerk doen hierdie jaar soos crazy kwiltwerk en krale in my kwilts gebruik.


Ek hou van brei en hekel maar daar is werklik te min tyd om dit ook te beoefen soos ek graag sou wou.


Ek blog ook by: http://www.machineembroiderybyaquilter.blogspot.com/

1 comment:

  1. Goeie more Marie. Ek is so bly ek het by jou uitgekom! Ek wil graag ook begin laslap werk doen en jou blog gaan my definitief help! Aangesien ek werkloos is en besluit het om geld te verdien met dit wat ek die meeste geniet nl. naaldwerk glo ek dit sal suksesvol wees. Baie dankie vir jou tyd en moeite. Ek is seker almal waardeer dit baie!

    ReplyDelete