'n Afrikaanse blog oor kwiltwerk in al sy fasette.
Hier deel ek my kennis, liefde en passie vir my werk met mede kwilters.

Begin 'n blog

Met Blogger is dit maklik om 'n blog te begin. Blogger het "templates" wat mens gebruik in plaas van om te programmeer en jy gebruik dit en kies net uit lyste wat jy op jou blog wil hê. Baie kwilters is nie lief vir skryf nie en verkies dus om nie 'n blog te hê nie. Dit is ook goed. Dit beteken nie dat jy nie kommentaar kan lewer of 'n "Follower" kan word nie.

Kommentaar is die lewensbloed van 'n blog. Dit is die gesprek, geselskap en broodnodige terugvoer. Sonder lesers wat saam gesels voel dit of jy met jouself praat en is mens nie geinspireer om aan te hou blog nie.

"Followers" is 'n aanduiding van mense wat jou blog volg. As jy self 'n Google of Blogger profiel het, word jou blogs in die Google Reader van jou rekening, by Google gestoor en kan jy dit gaan lees. As jy wil seker maak dat jy nie 'n blog mis nie, is dit die beste om jou email adres te verskaf. Wanner 'n nuwe blog "post" geskryf  is, kry jy dit per email. Klik net twee maal en jou web "Browser" maak oop waar jy die blog in kleur met die foto's daar by kan sien en ook kommentaar kan lewer om saam te praat.

Blogger het ongelukkig nog nie Afrikaans as taal keuse nie. Verskoon dus die Engelse aanwysings op die Blog- volgens my wete kan ek dit nie redigeer nie.

Ek maak  van  http://www.shabbyblogs.com/backgrounds.html se gratis patroonplate gebruik om as my Blogs se naam/opskrif te gebruik. Sy het ook by haar FAQ 'n video Tutoriaal oor hoe om jou eie foto's in die raampies te plaas met behulp van Foto Flexer.

Ter syde Op die sypaneel van 'n blog is daar nog ander nuttige inligting. As jy aansluit by 'n groep of challenge word 'n kenteken gewoonlik verskaf. Besoekers aan my blog kan byvoorbeeld op die "Quilters blogs" kenteken kliek waarop die webblad sal oop maak. Hier kan mens op 'n daaglikse basis 'n stukkie van elke blog wat by hule aangesluit is lees.

Die lys van blogs wat ek graag lees en waarvan ek 'n "follower" is, is ook op die sypaneel. Daar verskyn ook 'n kort stukkie van elkeen se nuutste blog. Op hierdie wyse kan mens baie interessante blogs ontdek. Ekself het 'n wye belangstelling en julle sal blogs oor hekelwerk, kunskwilts, crazy kwilts tot verhoudings hieronder aantref. Gaan na een van die blogs en kyk weer na die blogs wat hulle volg- op so 'n manier ontdek mens blog juwele.

Nog Inligting?
As mens rondsoek op die internet is hulp oral te kry.  Karen en haar blog Sew Many Ways  het 'n spesiale bladsy met blog tips ek het al baie by haar geleer.

1 comment:

  1. Marie , ek gaan deffinitief jou blog volg. Dis baie inspirerend! Connie

    ReplyDelete